Meer oor ons

Volksblad het in 2004 honderd jaar oud geword. Dit is die oudste Afrikaanse dagblad in die land, en die grootste in die Vrystaat en Noord-Kaap. Die sirkulasie-afdeling se voertuie ry elke dag sowat 18 500 kilometer om die koerant af te lewer. Volksblad word sover as Hanover versprei, met Kakamas as die verste punt in die Noord-Kaap. In die Noord-Vrystaat lees mense van Sasolburg tot Harrismith al vroegdag Volksblad. Dié koerant bied lesers ook spesiale bylaes: Op Maandae verskyn Jip vir tieners, met skolesport en die jongste grille en giere van jonkwees; op Dinsdae verskyn afwisselende bylaes; op Woensdae dek Kontrei nuus uit die Vrystaatse en Noord-Kaapse platteland; op Donderdae verskyn Motor-Volksblad vir voertuigentoesiaste; op Vrydae dek Joernaal nuus oor die kunste en die vermaakbedryf, en bied iets spesiaal oor leefstyl; op Saterdae bied Huis-en-Tuin alles oor tuisteskepping, binneversiering en tuinmaak, terwyl By vir diepte-artikels sorg.